VERGEEF HULLE... Jesus se eggo van krip tot kruis - Klanke van Orrel en Woord

Fri. 8 Nov, 2019 7:00pm - 8:30pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description
VERGEEF HULLE... Jesus se eggo van krip tot kruis - Klanke van Orrel en Woord

Vergeef hulle… Jesus se eggo van krip tot kruis is die samewerking van Rooi4 Orrelduo met Carel Trichardt en Petru Wessels. In hierdie produksie word die twee kunsvorme, woord en musiek, op 'n unieke manier gebruik om dié ou verhaal núút te vertolk. Woordkuns deur Trichardt en Wessels, saam met orrelduette- en solos, sal die gehoor meevoer op 'n emosionele reis. Bybeltekste, asook gedigte van Eybers, WEG Louw, Cussons en De Villiers saam met orrelmusiek van Bach, Holst, Gounod, Locklair, Dupré, Mendelssohn, Rutter en Kloppers vertel die verhaal van Jesus.


Rooi4 is die naam vir die orreliste Andrea Kayser-Mitas en Isabelle van Rensburg wat saam optree as 'n orrelduo. Rooi4 Orrelduo speel graag komposisies van 'n uitstaande akademiese standaard, tog is veelsydigheid in hul repertoire 'n belangrike aspek van elke uitvoering. Albei orreliste is kunstenaars in hul eie reg en streef daarna om by te dra tot die hoogstaande vlak van orreluitvoerings in Suid-Afrika.


Die naam Rooi4 is geïnspireer deur die rooi skoene waarmee hulle die instrument bespeel.


Petru Wessels en Carel Trichardt (PetCar) is al vir meer as vyf dekades deel van die vermaaklikheidsbedryf. Hulle ontmoet mekaar aan die Universiteit van Natal (Durban), waar hulle albei 'n BA-graad met Spraak en Drama as hoofvak verwerf. Hulle speel beide vir die destydse Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (TRUK), asook vir die uitvoerende kunste rade van die ander provinsies. Hulle het talle verhoogproduksies, rolprent-, televisie- en radio-rolle op hulle kerfstok.


PetCar vestig en bestuur Die Teaterhuisie in Sunnyside, Pretoria vir sewe jaar. Dit was vir hulle albei 'n groot eer om van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenkap en Kuns 'n erepenning vir Toneel- en Verhoogkuns in 2011 te ontvang. Hulle het ook in 2018 'n Fiesta-toekenning vir hulle lewensbydrae tot teater ontvang.


In 2004 tree Carel af as emeritus professor nadat hy vir meer as dertig jaar verbonde was aan die Universiteit van Pretoria se Drama Departement. Kersklanke, 'n program oor die sin en betekenis van Kersfees bied hulle al sedert die negentiger jare in kerke en teaters aan. Hulle het 'n CD gesny ('n Keur uit Kersklanke)met van die gewildste stories en musiek van Kersklanke, asook 'n CD Afrikaans is ‘n Polkadot Patrysie met voorlesings van ons mooiste Afrikaans gedigte. Carel se mees onlangse verhoog optrede was tydens Woordfees 2019 in 'n toneelstuk, Kleedkamer Blues van Ludwig Binge.


Dit bly vir hulle 'n genade, vreugde en 'n voorreg om nog steeds te kan optree.


 


 

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
NG Kerk - Universiteitsoord Duxbury Rd & Herold St, Hatfield
Pretoria, GP 0083
Join the Conversation