Spoegwolf Glaskas en Poeselig

Sat. 26 Feb, 2022 at 11:00am SAST
All Ages
R0.00 - R200.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
R0.00 - R200.00
All Ages
Event Description
Spoegwolf Glaskas en Poeselig

Uit die baard van die boland is gebore ’n ondier. Vier jong mans het besluit om liewer saam geraas te maak. Die resultaat was katastrofies. ’n Harige blinkoog monster het wankelend oor die strate begin loop en saggies skree. Benags het hy in skaduwees en die donker hoeke van feeste en Straatbyeenkomste geremoer.


Die musiek was regte Afrikaans en dus eerlik rou. Dit was nie te sag nie, en nie te hard nie. Dit was die hartklop van ’n dier. Bedags het hy weer opgebreek tot in vier dele: Danie du Toit, die huilende stem - ’n skrywer en met ’n tent van serpe op sy bed.


Hy brou bier in sy kas. Chris von Wielligh, die besnaarde hand - ’n Ingeneur van Musiek, hy bou ’n boot agter in ’n vriend se moterhuis. Albert van der Merwe, die brullende bas van die dier.


Was ’n jaar lank in Afrika waar hy in ’n Country Western Band gespeel het, het ’n tuin en maak graag skoene.


Moskou du Toit, die drommende hart. Is ’n beroemde kok in die Paarl, en slaan graag aan dinge met sy groot hammer. *Nie een van die vier speel Gholf nie.


Enige navrae kan verwys word na:


012 880 26 35 / [email protected]


WERKSURE:


Navrae oor kaartjies en kaartjieverkope:


Ma - Vr 9vm -5nm


Sa - 10vm - 2nm


So - 10vm -1nm


Publieke vakansiedae:  10vm - 1nm


Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Dozi Back to the Roots Plot 136 Rietfontein
Hartbeespooort, NW 0216
Join the Conversation

Follow the event with #DoziMusic