Kruis van Liefde | Live | 15 March 2023

Wed. 15 Mar, 2023 at 7:00pm SAST
All Ages
R50.00 - R150.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
R50.00 - R150.00
All Ages
Event Description
Kruis van Liefde | Live | 15 March 2023

KRUIS VAN LIEFDE | LIVE | 15 MAART 2023



  • Datum: 15 Maart 2023

  • Tyd: 18:30 vir 19:00

  • Venue: NG Universiteitsoord, Pretoria


Franco Prinsloo se Paasoratorium, Kruis van Liefde word op 15 Maart 2023 weer uitgevoer na die werk sy debuut in 2021 voor ʼn uitgesoekte gehoor van 50 lede van die media gehad het. Konsertgangers kry in 2023 die geleentheid om Kruis van Liefde vir die eerste keer in konsert te ervaar tydens Paastyd.


Die werk wat deur musiekresensent, Paul Boekkooi, as "grensverskuiwend" en 'n "Magnum Opus" beskryf is, word weer deur die bekroonde Vox Chamber Choir uitgevoer, in samewerking met die NG Universiteitsoord en orrelis Isabelle van Rensburg.


Kruis van Liefde is landwyd in 2021 op RSG uitgesaai en ook in 2022 op KykNET gebeeldsend. Die eerste opname van hierdie werk is in 2022 vir twee SAMA-toekennings benoem, o.a. vir Beste Klassieke Musiek album asook Groep/Duo van die jaar. 


Vir Kruis van Liefde ontvang Prinsloo sy Fellowship in musiekkomposisie van die gesogte London College of Music met groot lof.


Kom luister op Woensdag, 15 Maart 2023 om 19:00 na hierdie hartroerende oratorium met libretto deur die bekende skrywers Hans du Plessis en Bernard Odendaal. 


Daar is slegs een vertoning. 


Kaartjiepryse:


- Volwassenes: R150 aanlyn en R180 by die deur;


- Kinders onder 13 jaar: R50 aanlyn en R80 by die deur. 


Met Franco Prinsloo as Dirigent;


Isabelle van Rensburg: Orrel; 


Magdalena de Vries: Marimba;


Wian Joubert: Slagwerk;


en Herman Swanepoel: addisionele slagwerk.

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Universiteitsoord 105 Duxbury Road
Pretoria, GP 0083
Join the Conversation

Follow the event with #voxchamberchoir