Lollos

Sat. 5 Sep, 2015 at 10:00am SAST
All Ages
Price: R60.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R60.00
All Ages
Event Description
Lollos

Lollos bied fantastiese en unieke vermaak vir kinders in Afrikaans. Saam met Lettie, Disco, Minki Burger & Alta Joubert maak die vriendelike karakter van Lalaland seker kinders oor die hele land word sommer lekker fiks! Lollos en Lettie kom kuier slegs op aarde as kinders opgewonde lag: dan werk hulle vlerkies en kom kuier hulle by ons! Gedurende hul lewendige vertonings en vrolike CD’s en DVD’s word daar saam gedans en boonop leer die kleinspan natuurlik ook altyd iets op ‘n prettige manier.


Alta en Minki is albei ma’s en die twee het gevoel daar is net nie genoeg moderne, kleurvolle en aktiewe vermaak vir hul kinders in Afrikaans nie. So het Lollos in 2008 ontstaan met die uitreiking van hul eerste CD. Die liedjies op die CD’s, DVD’s en vertonings is vrolik en ‘funky’en oud en jonk sal beslis nie stil sit gedurende die opgewekte musiek nie. Daar word natuurlik ook altyd iets geleer aan die kleinspan: ABC, tel, dae van die week, opruim, gesond eet, fiks word, Suid-Afrika en herwin is maar net van die temas.


Daar is reeds vyf DVD’s uitgereik deur die Lollos span en almal van hulle het platinum status bereik.  Die sesde DVD in die reeks, Lollos 6 Lalaland! word vrygestel in November 2014.


Daar is ook ses CD’s in die Lollos-reeks en Lollos 2 Bons dat dit Gons! het in 2011 ‘n SAMA toekenning gewen as beste Afrikaanse kinder CD.


Verder is daar‘n wye reeks Lollos produkte beskikbaar: Lollos & Lettie sagte speelgoed/poppe, T-hemde, kampstoele beddegoed, handdoeke, strandballe, rugsakke, aktwiteitsboek, skuimplesier en ’n partytjiereeks.  Ons werk gereeld aan nuwe, opwindende produkte om die reeks uit te brei vir ons oulike aanhangers.


Lollos vertonings is uiters gewild en boonop byna altyd uitverkoop.

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Pierre Van Ryneveld Auditorium 14 Baltimore Ave
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #clarensvillageconservancy